Trip up the Breede in the wake of the SS Kadie, a steamship that was important in the development of Swellendam

Published:
February 26, 2025
Trip up the Breede in the wake of the SS Kadie, a steamship that was important in the development of Swellendam

Vandag het ek saam met lede van die Swellendam Erfenisvereniging die voetspoor, of dalk waterspoor, van Joseph Barry se Kadie-skippie gevolg. Barry het in die middel van die 19e eeu 'n ekonomiese en landbourevolusie in die Overberg veroorsaak. 'n Tog wat eens weke lank per ossewa vanaf Swellendam tot Kaapstad geduur het, is verkort tot 6 dae met die koms van die Kadie. Vrag is rivier op gebring tot by Malgas, waar Barry groot go-downs (stoorplekke) gehad het. Van daar is dit Swellendam toe per ossewa vervoer. Op sy hoogtepunt het Barry & Nephews selfs hul eie geldeenheid gehad wat by hul uitgebreide netwerk van handelshuise regdeur die Overberg gebruik kon word. In die 1860s tref 2 rampe kort na mekaar die Barry-bedryf. Eers loop die Kadie op die rotse by die ingang tot die Breede, ongeveer waar die kusdorp Infanta vandag is (sien foto 2 en 3 vir wrakstukke wat nog sigbaar is). Die tweede ramp is 'n brand wat by die dorpsbakker van Swellendam uitbreek en 'n deel van die dorp in puin lê. Van Barry & Nephews bly daar nie veel oor nie en hul Overbergse empire kom tot 'n einde.

Ek was 40 jaar terug laas op daardie stuk rivier tussen die Witsand/Infanta en Malgas. Dis verstommend om te sien hoeveel huise daar intussen gebou is (baie onder die 100 jaar vloedlyn) en hoeveel duur bote op die water lê.

Al wat die dag ietwat bederf het, was daardie verdomde lelike nuwe geel pont wat al weer onklaar by Malgas aan wal lê.

As jy 'n kans kry, doen die vaart op die Breede. Jy kan navraag doen by die Breede River Lodge op die Witsand.

More Articles